Video klavierlesse in Afrikaans
Ons bied 8 opvoedkundige klavierlesse saam met Juf Anneke. Ondersteun jou kind se passie vir musiek uit die gemak van jou eie huis!
Wat kan jy verwag van ons kursus?
In ons 8 opvoedkundige beginnersvideo musieklesse kan jy die volgende en meer verwag.
Hoe die klavier binne lyk
Waar en hoe die pedale inpas
Die nootname van die klavier
Tegniek / postuur
Vingeroefeninge
Nootwaardes
Tydmaattekens
Die verskillende sleutels
Nootsteeltjies
Rustekens
Dinamiese tekens
Toonlere
Hiermee saam ontvang julle ‘n boek waarin julle verskeie oefeninge saam met die videos kan doen.
Verryk jou kind se lewe
Ouers en grootouers kan so hul kleinkinders se lewens verryk.
Dit is gerieflik
Ouers hoef nie hul kinders na musieklesse aan te ry nie.
Voltooi teen eie pas
Die kursus kan gemaklik tuis gevolg word teen die individu se eie pas.
Is jy in die buiteland?
Hierdie kursus kan letterlik in enige land of huis gevolg word.
Meer oor Staccato Musiek Akademie
In 2004 het ek die korporatiewe wêreld verlaat en my eie musiekskool begin. Musiek was nog altyd my liefde en passie. Ek het op 3 jaar reeds my eerste liedjie geskryf. Deur die jare was ek verantwoordelik vir vele komposisies. Een daarvan verskyn op Youtube onder: “Scottish flower Anneke Glas”.
Ek het my finale klaviereksamen by Trinity College London afgelê en ook Graad V teorie by Unisa voltooi. In 2016 het ek ‘n konsert gehou waar al die liedere wat ek al geskryf het aangebied is. Vanaf 2006 het ek in verskeie kerke as musiekleier opgetree. Gedurende hierdie tyd was ek ook as musiekonderwyseres by talle skole werksaam.
Ek is tans steeds by privaatskole betrokke, waar ek ‘n klavier- en klawerbordonderwyseres is. Ek bied verder aanlynklasse aan, maar ry ook na studente se huise om daar les te gee.
Ek is tans besig om verder studeer. Ná ‘n positiewe intelligensie kursus in 2021, wat my gehelp het om my lewe op verskeie vlakke te verbeter, het ek die idee ontwikkel om klavieropleiding deur middel van videolesse beskikbaar te stel. Nou kan soveel meer studente geleer word hoe om klavier te speel!
Videos